17 Maart 2021 Vanoggend douvoordag het Johannes en Danie vertrek. Die mikpunt is om teen vannaand by Gorongosa te wees. Daar lê baie slegte teerpad vol erge slaggate voor en hulle gaan omtrent die hele dag oppad wees. Voorspoedige dag se reis. Nog 40km oor. Foto hieronder wys die meer-gat-as-teerpad waarop hulle heeldag gery het. |
18 Maart 2021
Johannes en Danie het vanoggend vroeg weer die gat-teerpad aangedurf en is teen 13:00 oor die Zambezi rivier.
Daar is nog so 300km oor tot by Macuba. Dan nog die laaste stuk tot by Milange. Die mikpunt vir vandag.
17:00 het Johannes en Danie Mocuba bereik.
Toe vanaf 18:00 nog 180km tot by Milange gery. Dis naby die grens met Malawi se onderpunt.
Die pad was gelukkig die laaste stuk 'n nuwer, beter teerpad.😅👍🏻
Hulle is nou so rukkie terug veilig by die sendingstasie daar aangekom.

19 Maart 2021
Vrydag was die eerste dag by die sendingstasie op Milange. Die reënbuie val heel gereeld daar en nogal hard wanneer dit doen.
Gevolglik is dit nou pragtig groen daar, heel anders as in die droë seisoen soos ons al in die verlede daar was.
(Nog in die blou "motorhome" lorrie met ons oudste twee kinders, toe nog beide onder 4jaar)
Vrydag was 'n dag van nie rondry nie.
Die twee manne se rondry lywe kon bietjie rus na die lang ry die vorige dae.
Aanvanklik was 'n besoek aan 'n gemeente beplan maar agv 'n misverstand oor die datum is dit met 'n dag uitgestel.
'n Paar administratiewe dinge en reëlings, wasgoed was, motor lugversorging regmaak en gesprekke met leiers daar, was aan die orde van die dag.
Ds Samuel Kapezi het ook kom groet. Hy was destyds een van die tolke wat saam met ons gewerk het om ons Engels na Portugees of die plaaslike taal daar te tolk tydens opleidings sessies. Intussen is hy self opgelei as predikant daar en bel en maak hy gereeld kontak om te hoor hoe dit met ons gaan.
Daar is ook sendelinge van Amerika by die sendingstasie en Vrydagaand het Johannes en Danie by hulle geëet.

20 Maart 2021
Vir Saterdag was 'n besoek aan Luala gemeente beplan.
As gevolg van Covid mag die kerk daar ook nog nie in groot groepe bymekaar kom nie. Die kerk het wel met die plaaslike regering gereël dat hulle wel in kleiner groepies met Johannes en Danie mag vergader of bymekaarkom.
Die proses sal telkens wees om met die leiers van die gemeentes te gesels om vaste stel wat hul behoeftes en probleme in die gemeente is en dan biddend te onderskei wat gedoen moet word itv opleiding om die gemeente te dien, op te bou en aan te moedig.

Saterdag se uitreik en besoek aan die gemeemte is toe gestop deur swaar reën die Vrydagnag en 'n vol rivier. Die rivier waaroor Johannes en Danie moes ry was te vol om deur te ry en die besoek is weer uitgestel.
Die res van Saterdag se tyd het gegaan vir gesprekke met leiers naby Milange. Die fokus was op die funksionering van die kerk sonder eredienste. Hoe klein groep bedienings plaasvind en ander maniere. Verder algemene uitleef van roeping. 'n Paar praktiese sake is ook hanteer.
Bid asseblief vir die kerk daar, want die uitdagings is groot!
Verder het Johannes en Danie ook 'n goeie gesprek met die Tumbine sinode se jeug gehad.
Swaar reën het hulle net op 'n stadium uit die sinkdakgebou gejaag na die kerkgebou. Dit het so hard gereën dat dit soos hael op die dak geklink het. Hul kon mekaar glad nie hoor nie. Dit was aansienlik beter in die kerkgebou. Sien fotos hier onder.

21 Maart 2021
Dis Sondag oggend vroeg en die wiele rol weer.
Die keer oppad na Liazi gemeente. Dis 'n heerlike sonnige dag. Die tente is ingepak. Afhangend van hoe die besoek verloop en wat gedoen word sal bepaal waar geslaap word.
Dalk kan die Luala gemeente wat afgesny was deur die vol rivier al bereik word. Besoek aan die Nataje gemeente is ook op die beplanning.
Die beplanning is om in daardie omgewing te werk tot Donderdag en die 26ste dv te vertrek na die Niassa provinsie.
Danie en Johannes het veilig by die Mikondoni gemeente gearriveer. Dit was 'n lekker sonskyn dag. Daar was egter nie goeie sein vir kontak en fotos stuur nie maar as mens 'n boom uitklim of 'n miershoop 'n entjie van die kerkgebou kan mens 'n boodkap uitkry. 😉👍🏻
Agv Covid het Johannes die erediens in die skadu onder die bome gelei vanuit Johannes 15. Om in die Here te bly om goeie vrugte te dra want op jou eie kan jy nie.
Daarna het Danie 'n gesprek oor geloofsekerheid en wat dit beteken om gered te word op 'n praktiese manier met die gemeente bespreek en gewys.
Na middagete het hulle weer 'n slegte stuk pad tot by Liazi gemeente aangepak en laatmidag veilig daar in die reën gekom. Hulle het die
aand bietjie met die leiers gewerk, maar eintlik Maandag daar verder gewerk.
Die twee manne moes hul tentjies sommer in die kerkgebou opslaan

22 Maart 2021
Hoewel hulle in reën gearriveer het die vorige dag was Maandag nie reënerig nie.
Uit die gesprekke met leiers is die behoefte geïdentifiseer om die verskillende rolle van gelowiges in die kerk te onderskei en te verduidelik. Rol en werk van predikant, ouderling , diaken en gemeentelid. Danie het weer baie prakties die saak benader.
Dienende leierskap is gedemonstreer toe Danie op die grond gesit en verduidelik het. Iets wat die leiers heel ongemaklik laat voel het maar wel duidelik begryp het.
Veral ook die gedagte dat jy deur voorbeeld ander die regte pad moet wys en dat jy jou eie huis goed moet regeer, is uit 1 Tim 3:4 hanteer. Vanuit Effesiërs 4 is die belangrikheid daarvan om die gemeente toe te rus vir hulle dienswerk ook aangepreek.
Johannes het afgesluit met 'n sessie oor hoe almal in hul verskillede rolle toegerus moet word en 'n kort oorsig oor dissipelskap is gedoen. Verder is die saak oor jou vastigheid in Jesus Christus ook beklemtoon sodat die gelowiges mooi kan verstaan wat Christus kom doen het vir elke gelowige.
Maandag middag het die twee toe met hul voertuig via 'n fietspaadjie na Luala gemeente gery waar hulle Saterdag nie kon kom nie. Dis hier waar hul werk vanoggend vroeg begin.

23 Maart 2021
Teen Maandag middag was die pad na die Luala gemeente steeds deur die rivier oorstroom. Die dat daar eerder vanuit 'n modderrige grondpad die fietspad daarheen aangedruf is. Daar was geen verdere reën nie en die werk het begin.
Danie praat vanuit Amos oor God se oordeel oor die sonde. Daar word baie intens geluister en ook deelgeneem aan die gesprek.
Ds Carlos, die plaaslike predikant, wat die afgelope paar dae saam met Danie en Johannes gereis en getolk het, deel ook dan uit sy eie lewe.
Hy leer ook baie uit die benadering en metode van opleiding, naamlik om na aanvanklike gesperkvoering met die leiers, biddend die gemeente se behoeftes te identifiseer en dit dan spesifiek aan te spreek. Dit teenoor om met voorafbeplande opleidingsonderwerpe weg te spring.
Die behoefte wat by die Luala gemeente geïdentifiseer is en aangespreek is draai rondom verhoudings en die prys van eenheid.
Om die verhouding tussen God en Sy kerk, Sy bruid, werklik reg te verstaan is dit baie belangrik om die verhouding tussen man en vrou aan te spreek wat tradisioneel nie hoog geag word nie. Indien die gemeente wil groei moet die kosbaarheid van verhoudings reg verstaan word.
Johannes sluit af deur te wys dat God se verhouding met die gemeente ook 'n huweliksverhouding is en ons Hom daarin moet volg en dat die verbroke verhouding tussen God en mens deur Christus herstel is.
Johannes gee dan praktiese voorbeelde van hoe 'n man sy vrou kan dien.
Daarna vertrek hulle terug na die sendingstasie in Milange waar hulle laagnag geslaap het.

24 Maart 2021
Vandag moet wasgoed gewas word en voorbereiding gedoen word vir die lang pad Niassa provinsie toe.
Donderdag oggend word eers weer 'n sessie met die jeug daar beplan en DV Vrydag oggend vroeg gaan die wiele weer draai.

Sommer net 'n paar fototjies van gister (Woensdag) by Milange.
Buiten dat daar weer 'n paar administratiewe sake afgehandel en hanteer is, het die twee manne nou ook weer skoon klere vir hul reis en werk in die Niassa provinsie.

25 Maart 2021 Vandag Donderdag 25Maart herdenk ons saam met Johannes sy geboortedag daar ver van ons. Mag hy geseën word om nog lank sy passie vir en in God se Koninkryk te mag uitleef🙏 'n Laaste jeugwerk sessie vir vandag is ook op die agenda en laaste voorbereidings vir die lang, vermoedelik slegte pad van môre. Danie het Johannes se verjaarsdag spesiaal gemaak met 'n instappie dorp toe vir 'n verjaarsdag uiteet bederf. Die twee het dan ook alle voorbereidings en pakwerk gedoen vir hul lang reis na die Niassa provinsie. Saam het Danie en Johannes ook tyd gekry om deur inspirerende dokumentêre video materiaal te werk oor die vervolgde kerk. |
6 Maart 2021
Die reis het reeds douvoordag begin.
Daar lê 'n slegte lang pad voor. Die reis sal waarskynlik die hele dag neem en die twee hoop om voor donker daar te arriveer.
Die Niassa provinsie is heel Noord in Mosambiek. Dit grens aan Malawi aan die Westekant en Tanzanië aan die Noordekant.
Die eerste stop is by die Mavago gemeente. Daar is 'n nuwe kerkplanting van 'n wyk van die Chiconono gemeente. Die predikant daar het al opleiding bygewoon waar Johannes betrokke was en het kontak gemaak en vir hulp by die gemeente gevra.

Die besoek was aanvanklik beplan vir April 2020 en moes agv die Covid inperkings afgestel word. Sim kaarte van nog 'n selfoonnetwerk is saamgevat op die reis sodat kommunikasie huistoe hopenlik glad sal kan verloop. Dankie vir almal se gebede en saamry👏🏻😊🙏 Danie en Johannes het 11:00 in Guruè gestop vir brandstof. Die stuk slegte grondpad lê nou binnekort voor. Hulle skat hul het omtrent 840km tot by Mavago. Die pad via Malawi sou heelwat korter wees, maar agv Covid en oorgrens reëls mag hulle nie daarlangs reis nie. |
ISIS onluste ?! Danie en Johannes het vanuit die suide gery tot in die provinsie nr 11. Vandag het hulle vandaar vertrek na provinsie nr 8. Hulle gaan ook nader aan die Malawi meer se kant wees. Die onluste waaroor daar weer vanmiddag oor die radio gepraat is in die provinsie nr 1. Sien kaart hier regs. |
Die pad verder was beter en Danie en Johannes was 21:30 in Lichinga. Nou nog so 150 tot 180km vir die dag.
Dankie vir al die gebede
Dankie vir al die gebede
27 Maart 2021
00:15 nog is Danie en Johannes nie by hul eindbestemming nie.
Op die modder pad waar hulle hul nou in die donker bevind, sit daar nou twee trokke voor hulle in die modder vas.
Hulle gaan probeer om aan die kant verby te kom
Iemand help om 'n spoortjie van soorte te maak.
Danie se vernuf in modderbestuur is getoets.
00:30 met groot genade.... is hulle verby en nog is die einde steeds 'n hele ent weg.
Die res van die nag is daar seker nie altyd sein nie want ons kry nie kontak nie.
Die modderpad is glyerig en hul vorder stadig maar seker.
04:16 het hul weer sein. Hulle nader die rivier en is dan nou naby Mavago. Hulle het self ook al 3 keer in die modder vasgesit.
05:17 Prys die Here!!!
27uur na hul vertrek uit Milange arriveer hulle ongedeerd in Mavago

Die dag was 'n vol en baie geseënde dag van opleiding.
5:00 toe Danie en Johannes daar arriveer was hulle hartlik verwelkom en na 'n rukkie se kuier, bad, 'n uur se slaap en iets te ete het die opleiding teen 9:30 begin.
Daar woon ongeveer 30 000 mense van die João taalgroeppering in die dorpie Mavago .
Toestemming van die plaaslike regering was in orde volgens Covid belalings en bepaalde hoeveelheid leiers uit die breër gemeenskap vanuit verskillende Christelike denominasies het die opleiding kom bywoon. Dit het uitgeloop op baie goeie gesprekke.
Van die plaaslike regeringsleiers is ook genooi om saam te eet later die aand.
Aangesien slegs die een maar die volle dag vir opleiding in Mavago beskikbaar was, kon heelwat onderwerpe aangeraak word.
Johannes fasiliteer die gesprek rondom rolmodelle en hoe Paulus in die Bybel sê "volg my voorbeeld soos ek Christus volg"
Danie hanteer die familie en gesin as voorbeeld.
Die verstaan van wat 'n verhouding en Christelike liefde is word behandel.
Johannes verduidelik die rol van gebed in dissipelskap en hoe mens met jou hele lewe tot eer van God moet leef.
Ware sondebesef was ook een van die onderwerpe.
'n Audio Bybel in João (Yao) word aan die gemeente oorhandig.
Moeg maar tevrede en vol dankbaarheid vir 'n geseënde opleiding, het die twee manne verlede nag gaan inkruip in hul tentjies wat weereens agter binne die kerkgebou opgeslaan moes wees.

28 Maart 2021 03:00 vanoggend was opstaantyd. Die tentjies weer opgevou en gelaai. 04:00 het Danie en Johannes weer vertrek. 3 ure se ry, dan sal hulle DV Chiconono gemeente bereik. Dit is van hierdie gemeente waarvan die Mavago gemeente 'n wyk was voor kerkplanting nou daar gebeur het. Die beplanning is om DV drie dae in Chiconono te wees vir opleiding. Die span het veilig in die reën by Chiconono gemeente aangekom sonder om weer vas te sit op die modderpad. Ds Jão Herbert, algeneme sekretaris van die sinode daar en Ds Samuel Pedro, wat die hele pad vanaf Milange met hul saamreis is steeds by hulle. Die predikant van Mavago, Ds Ganhale Ernesto, het na die erediens die oggend by Mavago gemeente ook by hulle aangesluit in Chiconono. Die Mavago gemeente het dan ook die Audio Bybel wat aan hulle geskenk is tot beskikking van ander gemeentes ook gestel.Die gemeente wat hulle daar in Chiconono aangetref het was egter anders as wat hulle gedink het. Daar is heelwat minder mans as vrouens en kinders. Van die handjievol mans wat teenwoordig is, is daar wel ook twee nuwe bekeerlinge uit die Moslem geloof. Die vrouens daar is ook baie minder geletterd. Gevolglik is toerusting dan ook begin eerder oor basies geloofs aspekte en dan ook in drie tale. Johannes doen die toerusting in Engels. Danie tolk dan na Portugees en een van die gemeente se ouderlinge tolk dan in João. Aanvanklike benadering van gesprekvoering het ook nie glad verloop nie en alternatiewe metodes moes gevolg word. Rolspel en baie praktiese verduidelikings word gebruik. So is van die gemeentelede gebruik om Johannes 15 uit te beeld en te verduidelik. Persone het die wingerdstok en die tak en die vrug verteenwoordig en so is die konsep van, God wat in jou bly en jy in Hom, aan die mense verduidelik. Jesus Christus se versoeningsrol na die skeiding tussen God en mens met die sondeval is ook so uitgespeel. Verdere skrifgedeeltes om bekering te verduidelik is uitgespeel van die ryk jong man wat sy rug op Jesus draai en geld kies teenoor Saggeus in die boom wat tot bekering kom. Die metode vind baie byval by die gemeente. Daar is dan nog twee dae se opleidingsgeleentheid hier. 'n Stappie laatmiddag om die omgewing te bekyk is ook ingewerk. Sondagaand was daar 'n vergadering tussen Danie van Handevat bediening, afvaardigers van die sinode in Mosambiek en leiers van die Chiconono gemeente. Handevat bediening is 'n middelman, skakelbediening tussen kerke in Mosambiek en kerke in SA. Danie moes dan spesifiek na die gemeente kom om sekere sake te bespreek. |
29 Maart 2021
Die opleiding vandag het voortgebou op die vrug van die wingerd wat vloei uit 'n verhouding met God.
Waar daar baie gewerk word onder die Moslems in die gebied, staar die bekeerlinge en Christene baie keer verwerping en of vervolging in die gesig. Dit dan baie keer deur die eie familie self. Danie en Johannes het in die opleiding die oggend klem gelê op die koste van Christen wees, om jouself prys te gee, jou kruis op te neem en Christus te volg.
Danie het daarna voorbeelde uit Mosambiek se geskiedenis, waar Mosambiekse Christene vervolg is agv die evangelie aan die groep vertel. Die beginsels daarvan vir ons lewens vandag is ook hieruit beklemtoon.
In die middag het die opleiding meer gehandel oor die waardes binne die vrug en onderwerpe soos die liefde, vergewing, manier van praat en die rol van gebed is bespreek. Praktiese dinge en voorbeelde is ook behandel.
Intussen het Danie Ds João se verkoue oorgeneem en hy gebruik tans medikasie wat Johannes saamgeneem het.
Die vergaderings gesprekke wat die vorige aand begin is, is die middag afgehandel .

30 Maart 2021
Die laaste dag van opleiding by die Chiconono gemeente is begin met die begrip van daaglikse bekering.
Johannes verduidelik dat ons mekaar nodig het in die daaglikse bekeringsproses.
Om elke dag om te draai en weg te draai van ons patroon van denke oor liefde , van ons lewe voor Christus, na die denke oor liefde van ons lewe na ons Christene geword het.
(Sien die fotos met die baksteenvorm teen die voorkoppe van persone, wat dui op die denke oor liefde wat jou gedrag teenoor ander sal bepaal)
Johannes verduidelik dat mens die regte denke oor liefde (die regte vorm in jou kop ) verkry deur Christus in Sy liefde na te volg. Gee sonder om terug te verwag.
Ons kan die navolging van Christus slegs regkry as Christus se liefde in ons vloei. Hy moet in ons wees en ons moet in Hom bly . Daar is dus 'n wisselwerking. Soos die tak in die wingerdstok en die wingerdstok se sap in die tak.
So lê Johannes dan ook die klem dat vrouens ook soos mans na God se beeld geskape is volgens Gen 1:27 en nie soos in party Afrika lande se gesegde "soos beesmis" is en op die vloer voor haar en ander mans hoort nie. (Sien die fotos waar Johannes en die tolk op die vroer lê om te illustreer hoe vrouens voor mans in party samelewings moet kruip of eintlik seil)
Ds Cesar Zeca die predikant van die Chiconono gemeente reageer dan ook deur te verduidelik dat die verkeerde denke en siening oor die vrou ook baie in hulle gemeenskap na vore kom.
Die fokus om Christus in Sy liefde dan na te volg was dan op die gesin, maar ook die gemeenskap.
Praktiese getuienisse en stories wat hierdie beginsels in die praktyk na vore laat kom word vervolgens deurgewerk.
Nadat Danie dit ingelei het, het Ds Ganhale Ernesto vanuit die Bybel Josef se verhaal van vergifnis en trou aan God, ten spyte van sy gesin se jaloesie en onreg teenoor hom, verduidelik.
Ds João Herbert het 'n storie uit Afrika vertel van 'n vrou wie se aanstaande man baie baie meer beeste in labola betaal het as wat sy in waarde deur die gemeenskap geag is. Na die troue het die egpaar weggetrek. Bg daad van liefde en waarskynlik baie ander daarna ook, deur haar man, het gemaak dat die vrou baie mooi en gasvry 'n paar jaar later deur die gemeenskap by hul nuwe tuiste aangetref is. Haar woorde aan hulle op hul verslae ongeloof was dat dit dan is hoe haar man haar van die begin af gesien het. Van hoë waarde!
Ds Samuel Pedro vertel uit sy eie lewe hoe hy uit liefde 'n dodelike siek man gehelp het, teen die aanbeveling van die gemeenskap, wat gevrees het dat die persoon sou sterf en hyself dan in die moeilikheid sou kom.
So is die hele dag uit die praktyk gepraat oor hoe om God se liefde in die gesinne en gemeenskap uit te leef.

31 Maart 2021
03:20 Die predikante van die sinode afgevaardigdes en van die ander predikante het Woensdag oggend baie vroeg reeds opgestaan en begin om die lang gras om die kerkgebou te kap as liefdesdaad en voorbeeld aan die gemeente.
09:00 het die manne weer vertrek, die keer was die mikpunt 'n plek met die naam Muapula.
(Sien kaart hieronder)
Teen 12:40 met goeie teerpad agter hulle, het hulle brandstof gegooi by Majune.
Vandaar nog ongeveer 250km verder het hul teen 15:45 veilig by hul bestemming aangekom.
Die enigste oppondhoud was dat hulle langs die pad die voertuig se wiel moes pomp agv 'n stadige lek wat hulle vandag sal toestop.
Dit was meestal teerpad behalwe die laaste gedeelte.
Dis pragtig groen daar en God se almag as die Skepper is om hulle.
Frits vd Merwe, 'n afgetrede boer en sendeling in Mosambiek sedert 1992 ontvang hul hartelik.
Hier sal hulle 'n dag oorbly om besoek aan aan die leiers hier te bring.